BOSVELDSIG

Getuienisse

Ons het vier jaar gelede na Bosveldsig (Fase 1, nr 5) verhuis. Ons kan met groot vrymoedigheid getuig dat die besluit vir ons groot vreugde en genoegdoening gebring het en was van die gelukkigste in ons lewe. Die bouwerk en afwerking is van uitstekende gehalte en met ‘n jaarlikse heffing van R230.00 is dit een van die mees ekonomiese woonplekke wat ons kon vind. Tussen die inwoners heers ‘n hartlike gesindheid. Mnr. Leon Baard het met Bosveldsig, menslik gesproke in ‘n uiters bedreigende en gevaarlike tyd aan n groot gemeenskap van mense veilige en geborge aftreeruimte geskep.

Dr. Daan Van Wyk

Ons het Bosveldsig leer ken deur ‘n vriendin wat hier woon, en by wie ons tienjarige yorkie bly wanneer ons gaan waar sy nie mag saamgaan nie. Toe ons op ‘n dag besef het dat ons moes afskaal, wat huis en tuin betref, was Bosveldsig Fase 4, ‘n logiese keuse. Die gerieflike, kompakte eenheid met alle nodige fasiliteite, ‘n omgewing van vriendelike mense, ‘n dorp met feitlik alle fasiliteite en aansienlik goedkoper om in te woon as die stad, het ons tuiste geword. Ons slaap nog tot drie keer ‘n maand oor in ‘n huisie in Pretoria. Na die onpersoonlikheid, die rumoer en verkeer van die stad, is dit elke keer ‘n vreugde om terug te keer na die vriendelikheid en die stilte van die bosveld.

Dr. Fred Le Roux

English is rarely heard or spoken in this lovely Bushveld town of Modimolle, which is where Peter & Helen West decided to “put down roots” 7 years ago, but the Afrikaans community in “Bosveldsig” have really gone out of their way to make them feel welcome. We discovered the Retirement Village of “Bosveldsig” quite by accident, says Peter. We are keen “Caravaners” and when we lived in Gauteng, we used to visit this area frequently to escape the “rat race”. The residences offered at Bosveldsig have all been exceptionally well built by the Developers – Sukses Bouers – who obviously take a good deal of pride in their workmanship. But, says Helen (who originally hails from Yorkshire in England), the main draw-card is the peace and tranquillity of the bushveld on your doorstep. Most evenings, we are visited by a couple of Duiker, a family of Warthogs and the howling laugh of the silver-back Jackal is present most nights.

One of the great things about the locality is that the city of Pretoria is a mere 45 minutes drive away and Johannesburg is not much further, so – if there is a need to visit “The Shops” they are not too far away.!

Mnr Peter West

Dis vir ons ‘n wonderlike voorreg om hier in Bosveldsig te mag bly. Ons huise is pragtig, gerieflik en privaat en die mense wat om ons woon is almal ons tydgenote en daarom het ons baie in gemeen. Maar dis veral die heerlik gematigde winters en die pragtige bosveld om ons wat ons verblyf so uitsonderlik maak.

Al die huiwering om die bekende en die ou vriende agter te laat, was toe pure onnodig! Ons bly net elke dag lekkerder.

Mnr Cas Vos